"Die Wandelaar" deur PETRA MULLER [boodskap #13546] |
Thu, 26 March 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DIE WANDELAAR
Petra Muller
prentjie prentjie in die sand
wie was die mooiste in die land
pad so ver en veld so wyd
waarheen is die voet se reis
bloed so kosbaar, bloed so rooi:
oral oor die winterveld
lyk dit of die aalwyn brand
ek, wat stip die vaal pad hou,
waarom vloek die kraaie my?
hond wat aan die ketting gly:
huil nie meer nie, ek
hou by jou werf verby
|
|
|